Anna Margaretha Louw (oorlede 12 Junie, 2003) is op 31 Desember 1913 op ’n plaas naby Calvinia gebore. Sy het ’n BA-graad aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. Sy het daarna saam met haar e...vizualizați mai multeAnna Margaretha Louw (oorlede 12 Junie, 2003) is op 31 Desember 1913 op ’n plaas naby Calvinia gebore. Sy het ’n BA-graad aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. Sy het daarna saam met haar eerste man in New York gewoon waar sy kursusse in joernalistiek en visuele kuns by Colombia Universiteit gedoen het. Later het sy ook ’n B.Soc.Sc-graad aan die Universiteit van Kaapstad verwerf.
Sy het aanvanklik tydskrifartikels en kortverhale, radiopraatjies, hoorspele en novelles geskryf. Haar debuutwerk Die onverdeelde uur het in 1956 verskyn.
Anna M Louw het verskeie pryse vir haar boeke ontvang – soos die Scheepersprys vir Die voortreflike familie Smit, die WA Hofmeyr-prys vir Die groot gryse, en die Hertzogprys en WA Hofmeyr-prys vir haar bekendste werk, Die kroniek van Perdepoort. In 1990 ontvang sy ’n eredoktorsgraad in die lettere van die Potchefstroomse Universiteit.
Anna M Louw is op 12 Junie 2003 op 89-jarige ouderdom in Kaapstad oorlede. Prof Helize van Vuuren het haar in ’n huldeblyk in Die Burger beskryf as “’n sterk vroueskrywer, een van die oergrootmoeders van die Afrikaanse letterkunde”.vizualizați mai puține