Pieter-Dirk Uys is in 1945 in Kaapstad gebore en werk sedert die middel 1960's in teater - lank genoeg dat 'n mens dit nou al 'n loopbaan kan noem. Sedert die vroeë 1970's is hy am...vizualizați mai multePieter-Dirk Uys is in 1945 in Kaapstad gebore en werk sedert die middel 1960's in teater - lank genoeg dat 'n mens dit nou al 'n loopbaan kan noem. Sedert die vroeë 1970's is hy amptelik werkloos, maar hy bly tóg besig as skrywer, regisseur, akteur, vervaardiger en omtrent elke ander denkbare ding, insluitend die ontwerp en dra van talle tabberds. Hy het 20 toneelstukke en meer as 30 revues en eenpersoon opvoerings
geskryf en aangebied, in Suid-Afrika en oorsee. Uys is ook 'n skrywer in baie genres, beide fiksie en nie-fiksie, en is sedert die laat 1970's op televisie te sien in 'n verskeidenheid programme. Hy het deur die jare talle toekennings ontvang, en in 2018 ontvang hy die mees gesogte toekenning vir Afrikaanse letterkunde, die Hertzogprys vir Drama.vizualizați mai puține