Abraham de Vries het reeds 20 kortverhaalbundels sedert sy debuut in 1956 gepubliseer. Hy is ook bekend as kontreiverhaalskrywer (die “plaaswinkelstories” uit die Klein Karoo), kenner van die kortv...vizualizați mai multeAbraham de Vries het reeds 20 kortverhaalbundels sedert sy debuut in 1956 gepubliseer. Hy is ook bekend as kontreiverhaalskrywer (die “plaaswinkelstories” uit die Klein Karoo), kenner van die kortverhaal en as samesteller, o.m. van die belangrike Die Afrikaanse kortverhaalboek. Sy werk is reeds met verskeie pryse vereer; onder meer is die bundel Tot verhaal kom bekroon met die RAU Prys vir Skeppende Werk (nou die UJ-prys); De Vries het ook in 2010 ’n SALA-toekenning ontvang vir sy lewenslange bydrae tot die letterkunde, en in 2012 die Absa KKNK se Afrikaans Onbeperk-toekenning vir lewensbydrae. De Vries woon in Kaapstad.vizualizați mai puține