Adriana Faling is ’n gewilde aktrise wat al in vele sepies te siene was, onder meer Egoli (Tessa), Onder draai die duiwel rond (Dot), Song vir Katryn (Ans), 7de Laan (Yvette), Hart...vizualizați mai multeAdriana Faling is ’n gewilde aktrise wat al in vele sepies te siene was, onder meer Egoli (Tessa), Onder draai die duiwel rond (Dot), Song vir Katryn (Ans), 7de Laan (Yvette), Hart van Staal (Claudette), Binnelanders (Nanette), Geraamtes in die kas (Zelda). Adriana was al die voorbladgesig op verskeie tydskrifte waaronder Sarie, Rooi Rose, Vrouekeur en Lig. Vanaf 2000 tot 2008 het sy by Radio Kansel as film- en vermaakresensent gewerk. In 2002 behaal sy die eerste en derde plek in die NALN se nasionale kortverhaal skryfkompetisie met twee van haar kortverhale. Sy en haar man is sedert 1998 betrokke by die ondersteuning van sendelinge in groot dele van die wêreld asook die vervolgde kerk. Hulle is betrokke by die mobilisering van die kerk in Suid-Afrika deur instansies soos Incontext bedieninge.vizualizați mai puține